Description
Die moordenaar is die grusame en meesleurende verhaal van ‘n breinverminkte moordenaar, ‘n man wat onder die waan verkeer dat hy die onkunde uit die wêreld moet uitslag.
Gerd Sassner is ‘n welgestelde chemikus en fabriekeienaar by wie ‘n vreemde persoonlikheidsverandering intree as gevolg van ‘n vroeëre traumatiese ervaring. Hy word opgeneem in die privaatkliniek van prof. Dorian, ‘n internasionaal beroemde neurochirurg. Dorian glo dat geesteskrankes deur ‘n operasie genees kan word, en hy voer ‘n skynbaar suksesvolle operasie op Sassner uit.
Maar dan verdwyn sy pasiënt. En ‘n onmens, bygestaan deur ‘n rooikopvrou, pleeg die gruwelikste moord in die kriminele geskiedenis.







