Description
‘n Speurder sterf een Augustsnag in sy eie bed deur twee koeëls uit sy eie dienspistool. Enkele maande later word sy vrou en ‘n man wat hom nooit eens geken het nie skuldig bevind aan moord. Die man word ter dood veroordeel en die vrou kry 15 jaar …..
Tussen hierdie twee gebeurtenisse lê die weke van vertwyfeling en stryd en die onverbiddelike gang van die gereg ter wille van geregtigheid waarvan hier vertel word. In die wanhopige poing om die doodstraf af te wend, moet twee geliefdes tussen hule liefde vir mekaar en die lewe kies. Maar die wil om te lewe is sterker. Die moorverhoor van Sonjia Swanepoel en Frans Vonsteen was ses maande lank voorblad nuus. Maar met hierde boek slaag die skrywer daarin om die bekende en minder bekende feite oor die saak so te laat leef dat dit plek-plek soos ‘n speurverhaal lees: ‘n koelbloedige moord, verklarings, vrae, antwoorde, bedenkinge, nuwe vrae, nuwe stories, verdenking, sekerkheid.








