Kokkedoor Versamelresepte No 2 – Errieda du Toit

R130,00

Sagteband boek.

Boek is in baie goeie kondisie.

Geen pen- of potloodmerke.

Een klein vlekkie onder aan boek op eerste drie bladsye.

1 in stock

SKU: BAA217 Categories: ,

Description

Met hierdie unieke versameling resepte uit die Kokkedoorstoor kan jy saamkook aan onthoukos, verlangkos, sprankelkos, streekkos en uithalerkos. Nêrens anders is daar soveel Kokkedoor-wengeregte bymekaar nie.

  • Hetta van Deventer-Terblanche en Nic van Wyk se eie vernuwende resepte uit die tweede reeks word verryk deur die van gassjefs Bertus Basson, Peter Veldsman, Ko-bus van der Merwe, Simone Rossouw, Westley Muller en fynbakker Vicky Gurovich.
  • Die boek is propvol pleinweg lekker kos, soos Jan Draad se hoenderkerrie en tamatie-bredie met kluitjies vol feta en groenvye gestop. Lê weg aan moderne uitpakslaaie vir die braai, vingerhappies, streekspotjies en seekos, kreatiewe kolwyntjies, fabelagtige sjokoladeskeppings en vleisgeregte eie aan ons land.
  • Smul saam aan die kosstories agter die smake en verlustig jou in die kosfoto’s en die visuele fees.