Manna Kommering – Pirow Bekker

R50,00

Hardeband boek.

Geen stofomslag.

Boek is in goeie kondisie.

Gepubliseer in 1980 – die eerste uitgawe.

1 in stock

SKU: BAA1712 Categories: ,

Description

Manna kommering: veldtogte om ’n stem liederlik verdraai deur inmenginge en onthoudinge.

Manna Kommering plaas die gebeure hoofsaaklik binne die herinneringe van ‘n plattelandse seunswêreld. Die bokser Herman Combrinck (die Manna Kommering van die titel) keer terug na sy kinderdorp om te oefen vir ‘n nuwe geveg. Dit word dan ook ‘n reis deur sy verlede, waar hy as stigter en leier van die Mannabende gestaan het. By ‘n reünie van die bende daag slegs die swart lid, Bekeni, op. Die ontstaan van die bende en hulle ervarings word herleef, met die voorval waardeur Sysie as gevolg van sy nalatigheid ontman word inbegrepe. Hy erken dat die bende slegte dinge gedoen het, maar hy het ook vir Jan Rheebok uit die vuur gered. Die vervlegting van bose en goeie, skuld en onskuld word ‘n kernmotief van die boek, waarin ook die rassekwessie aangespreek word, veral die feit dat na die dood daar geen verskil is tussen die beendere nie.