Brandoffer – Dolf van Niekerk

R50,00

Sagteband boek.

Effe vlek op agterblad.

Boek in baie goeie kondisie.

1 in stock

SKU: BAA1442 Categories: ,

Description

Vertellings uit die Tweede Vryheidsoorlog

Die vertellings in Brandoffer is gegrond op bestaande literatuur, persoonlike mededelings aan die skrywer, sy navorsing in die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein, en oorlewerings binne sy familie. Dit bied ‘n verskeidenheid gesigspunte, maar die klem val op die stemme van vroue in oorlogsverwildering – húl ontbering en geestelike moed. Ontroerend sober word uitgebeeld hoe vroue en kinders aan die plunderaars van plase uitgelewer was; hoe hulle as ‘n skild vir die Engelse soldate moes dien tydens aanvalle; hoe die Engelse vrou Emily Hobhouse die verslae en verarmde Boervroue kom bystaan en besiel het; en hoe hulle alles in die stryd moes werp om die konsentrasiekampe te oorleef. Tussen die vertellings deur klink stemme van byna ‘n eeu gelede direk op uit fragmente van dagboeke en briewe – stemme van leiers en van gewone mense, wat ‘n spesiale dimensie bring in hierdie onvergeetlike stuk “lewende geskiedenis”.