Description
Een van die beroemdste ou Griekse mites is die verhaal van Jason se soektog na die Goue Vlies. Talle eeue lank volg lesers in alle tale al die avontuurlike reis van die Argo en sy dapper bemanning, en belewe wedervarings met sulke vreemde en wonderlike karakters soos Amukos, die paiiboelie wat alle besoekers aan sy land tot ‘n tweegeveg uitdaag; die blinde koning Phineus en die bose Harpye wat hom treiter en uithonger; Talos, die brons reus wat vloeibare vuur in sy are het; die beeldskone, geslepe Medea wat jason met haar towerkrag help om die onmoontlike te verrig, en wat nie huiwer om haar eie broer te vermoor om Jason se lewe te red nie.
Hierdie verhaal word nou op eenvoudige en aangrypende wyse vir die jeug navertel sodat ook ons kinders ademloos kan deel he aan die avonture en gevare wat Jason belewe voordat die kosbare Goue Vlies uiteindelik in Griekeland terug is.








