Die roem van Israel – Marzanne Leroux-Van der Boon

R50,00

Sagteband boek.

Agterste bladsye het kinkels a.g.v. vog.

 

1 in stock

SKU: BAA1674 Categories: ,

Description

Israel-reeks 4:

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde ‘Israel-reeks’ word weer in hulle geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande.

Aan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militêre diens in Gasa , sy ma ‘n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld – die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet.

Boonop maak Henok Kabungu ‘n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, ‘n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hulle ‘beloofde land’.