Eluard en die surrealisme – Uys Krige

R100,00

Hardeband boek.

Ouderdomsverkleuring op voorste en agterste bladsye.

Binding is styf, asof dit versterk is.

Vorige eienaar se naam in pen op bladsy 3.

Hier en daar en is teks gemerk deur die vorige eienaar (sien foto)

Gepubliseer in 1961.

1 in stock

SKU: BAA967 Categories: ,

Description

Twee digters, Frans en Afrikaans werk in hierdie versameling op ‘n seldsmae en gelukkige wyse saam om ons letterkunde met ‘n bydrae van blywende waarde te verryk. Paul Eluard, begaafde seun in die eeue-oue tradisie van die Franse Poëtiese genie is veelsydig: die patriot wie se eenvoudige woorde die “konsentrasie van koeëls” had en wat die moed en die ideale van Resistance keer op keer so treffend kristalliseer het, gevoelige en tere liefdesdigter, en vertolker van die moderen gees is al sy skakeringe, subtiliteit en diepte.

Om Eluard se stem te verafrikaans, was daar poëtiese insig nodig, ‘n groot liefde vir en begrip van die Franse digter – en veral ‘n besondere gevoelige oor vir beide die Afrikaanse en Franse tale. Hiervoor was Uys Krige, vanweë sy verwante geaardheid, sy eie digterskap en sy spesiale vermoëns as vertaler, by uitnemendheid geskik. Sy Afrikaans, soos dit hier staan val langs die oorspronklike Frans, gee ons die genot van poësie in sy eie reg terwyl die getrouheid van die vertalings in die oog lopend is. Met sy opstelle oor Eluard en die Surrealisme, maak Krige ‘n belangrike bydrae tot ons kritiese letterkunde met ‘n verhelderende bespreking van die nuwe bevrugtende storminge van gevoel, gedagte, praktyk en tegniek in die modere Franse poësie. Die gebruik van die vrye vers, die moderne gevoeligheid, die nuwe beel of “siddering”, die Surrealisme in baie van sy aspekte, word hier behandel met die gesag en begrip van ‘n ware digter wat, soos Baudelaire dit vereis het, ook ‘n kritikus in hom omdra. Ons is daarvan oortuid dat met hierdie bundel versvertalings Uys Krige nuwe vergesigte open vir die Afrikaanse letterkunde.