Description
Rudi weet iets vreesliks is aan die gang. Hy is nou al twee keer deur iemand in ‘n motor agtervolg.Wat dit erger maak, is dat daar reeds drie kinders van sy skool deur ‘n motor omgery is. Elke keer het die skuldige weggekom.Die eerste een wat omgery is, was Suné, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is skielik so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom?Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al sy vrae is, en lig gaan hy nie daarvan afkom nie …







