Description
Met hierdie boek op die kombuisrak hoef inpakmaaltye nooit weer vaal en vervelig te wees nie! Daar is meer as 250 resepte om uit te kies en te keur, met iets vir elke smaak en geleentheid. Deona se beproefde resepte is veral bedoel vir kospakkies wat saam skool of werk toe geneem word. Daar is egter ook heelwat smulgoed wat perfek sal wees vir pieknieks, om in vakansietye die leë mae te vul, of om as padkos saam te neem wanneer daar êrens heen gereis word.







