Description
Suksesvol, geseen met vriende en ‘n lewende geloof – Stiaan Willemse se agt-en-dertigste verjaarsdag is om die draai, en hy ry die kruin van die golf. Of so lyk dit. Maar is dit regtig die geval?
Vir ander mense lyk sy lewe dalk volmaak, maar Stiaan voel ‘n gemis. Maar hoe kan ‘n taai korporatiewe speler ooit erken hy verlang eintlik na ‘n gesinslewe saam met mense vir wie hy lief is?







