Description
‘n Soen van jou maak enige “eina” beter.
Jy’s altyd daar om na hul dag te wedervaringe te luister.
En daar’s vir hulle niks lekkerder as dat jy hulle saans in die bed sit nie.
Hierdie ervaringe maak ma-wees beslis die moeite werd! Maar elke ma weet dat daar tye is wanneer ‘n bietjie ondersteuning tog nodig is. Indien jy al ooit verlang het na ‘n bietjie tyd met ma’s wat nes jy voel, is hier boek net vir jou.
Niemand soos Ma nie! kombineer dosyne verhaaltjies en ma-tot-ma aanmoediging om jou te laat besef hoe spesiaal jy is. Of jy nou jou kinders verglyk met rustelose krokodille of stroopsoet katjies, een ding is seker: jy maak regtig ‘n verskil in die lewe van jou kinders, selfs al sê hulle dit nie elke dag vir jou nie.
Hierdie verhaaltjies, hetsy indrukwekkend of hartverskeurend, of skreeusnaaks en liefdevol, sal jou daaraan herinner waarom jy in die eerste plek ‘n ma geword het.






