Description
Jou lewensreis is besaai met wonderlike uitkykpunte: soms is dit groot wonders wat jou asem wegslaan, maar dikwels kom vreugde in die klein, gewone oomblikke wat van die lewe ‘n wonderwerk maak. in Sielskos vir die vrou wat leef! help Milanie Vosloo jou om daardie wonderwerke, groot en klein, raak te sien en die lewe te vier.
In 366 stukkies sielskos inspireer sy die vrou van vandg om te strewe na vervulling, geestelike groei en om buite gewoon-wees te lewe.






