Description
PADKOS, ter ondersteuning van ‘n lewensroete bestaande uit kronkelpaaie wat na die mooiste berge en valleie lei. In hierdie bundel verskaf die skrywer 40 getuienisse propvol liefde, geloof en hoop – ware voedsel vir die siel. Sy getuig van geloof so groot soos ‘n mostedsaadjie, van haar eie Dawid en Goliat oomblik. Sy vertel van God se genade wanneer ‘n kind op ‘n treinspoor beland en van die emosies wanneer jy moet ontruim terwyl die wêreld om jou brand. Sy leer van outoriteit in Christus en van dissipelskap.






