Description
… Hy le agter ‘n grafsteen waarop in goue letters geskryf staan: God het jou lief. Die aarde bewe onder hom. Uit skone angs byt hy in die stinkende grond vas. Hy sien grysbruin gestaltes tussen die grafstene deurhardloop.
So begin die dramatiese lewensverhaal van ‘n sewejarige Duitse seuntjie wat alleen staan te midde van ‘n Russiese bomaanval. So word hy ook aangetref deur Anton Pjetkin van die Russiese leer, en so begin sy lewe as die aangenome kind van ‘n Russiese kaptein.







